Diensooreenkoms / service delivery agreement

 

Diensleweringsooreenkoms

Vir verdere gebruik in hierdie dokument sal die diensverskaffer (bestuur en personeel ingesluit) as Jo Christal Akademie (Pty) Ltd benoem word en die ontvanger van die diens (besonderhede en inligting soos op die registrasievorm ingevul), wat die leerder(s) insluit, die Kliënt genoem word.

“Dienslewering”, “Diens” en “Klasse” verwys as ‘n geheel na die dienste wat Jo Christal Akademie (Pty) Ltd lewer en sluit weeklikse klasse en produksies in. Dienste kan by verskeie lokale geskied en is onderhewig aan verandering. Tye en dae van klasse is ook onderhewig aan verandering met skriftelike kennis aan die Kliënt ten minste 1 (een) maand voor die verandering geskied.

Deur aanvaarding van die diens wat deur Jo Christal Akademie (Pty) Ltd gelewer word, neem die Kliënt kennis van die volgende inligting, voorwaardes en bepalings:

Vrywaring:

  • Jo Christal Akademie (Pty) Ltd kan nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir enige beserings wat deur die leerders opgedoen word, wat nie veroorsaak of ‘n direkte gevolg is van die personeellid se nalatigheid nie. (Oortuigende bewyse nodig.)
  • Jo Christal Akademie (Pty) Ltd sal ook nie aanspreeklik gehou word vir enige skade wat aan lokale, geboue of die eiendom van enige skool, waar klasse aangebied word, deur die leerder veroorsaak is nie. Die ouer of voog van die leerder sal, na ‘n skriftelike kennis, verantwoordlik gehou word vir die herstel van die skade, met die indiening van genoegsame bewys van die skade.
  • Jo Christal Akademie (Pty) Ltd onderneem om alles in hul vermoë te doen om, ten alle tye, ‘n veilige ruimte vir die lewering van die dienste te skep.
  • Jo Christal Akademie (Pty) Ltd onderneem om leerders, ten alle tye, onder bekwame en genoegsame toesig te hou tydens die dienslewering.
  • Jo Christal Akademie (Pty) Ltd sal nie aanspreeklik gehou word vir die gaan haal van leerders voor of na klas of die veiligheid en toesig van leerders voor of na klas nie.

Finansies en Dienslewering:

  • Die Kliënt onderneem om die klasgeld soos uiteengesit vir 2026 voor die 7de van elke maand, oor 11 Paaiemente te betaal.
  • Die Kliënt onderneem om die  eenmalige registrasiefooi van R200 per leerder saam met die eerste paaiement te betaal.
  • Die Kliënt neem kennis van enige addisionele kostes vir die jaar soos bv. die produksiefooi van R400 per jaar per leerder.
  • Die Kliënt neem kennis dat klasse nie op geskeduleerde skoolvakansies en publieke vakansiedae, soos deur die regering en departement van onderwys uiteengesit, aangebied gaan word nie
  • Die Kliënt neem kennis dat die klasfooi uit ‘n jaarbedrag wat in paaiemente verdeel word, bestaan. Dus sal geen afslag of vermindering van die paaimente of klasfooi toepaslik wees as gevolg van vakansies, vakansiedae, voorafgereëlde afstel van klasse of afwesighede van leerders nie.
  • Die Kliënt neem ook kennis van die regte bankrekening en verwysing wat gebruik moet word met EFT betalings, asook die proses vir kontantbetalings.
  • Die Kliënt neem kennis dat state via e-pos na die e-posadres op die registrasievorm verskaf, gestuur word. Enige verandering van inligting moet skriftelik via e-pos gestuur word.
  • Die Kliënt aanvaar ook dat ALLE kommunikasie via die Dramaskool se offisiële Whatsapp, E-pos asook die personeel se persoonlike Whatsapps as wettiglike kommunikasie en kennisgewings geld.

Kansellasie van Dienslewering:

  • Indien enige party (Jo Christal Akademie (Pty) Ltd of die Kliënt) die dienslewering wil staak, moet die volgende proses gevolg word.
  • Een maand se kennis van die staking moet skriftelik, via e-pos, aan jochristaldrama@gmail.com gestuur word.
  • Indien kennis gegee word, sal die huidige EN opeenvolgende maand se klasfooi/paaiement verksuldig wees.
  • Die registrasiefooi is eenmalig ‘n jaar betaalbaar en is nie weer betaalbaar indien die diens weer in dieselfde jaar hervat word nie. Geen nuwe kontrak hoef gesluit te word indien die diens nog in dieselfde jaar hervat word na kansellasie nie.

Diverse:

  • Die Kliënt onderneem om ‘n kopie van hierdie kontrak vir hul rekords, voor dit ingestuur word na Jo Christal Akademie (Pty) Ltd, te maak.

Die Kliënt neem kennis van alle betrokke datums vir die jaar wat op www.jochristalakademieendramaskool.co.za en in briewe deur die jaar beskikbaar is.

 
 

 

Service Delivery Agreement

 

For further use in this document, the service provider (including management and staff) will be named as Jo Christal Akademie (Pty) Ltd and the recipient of the service (details and information as filled in on the registration form), which includes the learner(s), called the Client.

“Service Delivery”, “Service” and “Classes” refer as a whole to the services provided by Jo Christal Akademie (Pty) Ltd and include weekly classes and productions. Services may take place at various venues and are subject to change. Times and days of classes are also subject to change with written notice to the Client at least 1 (one) month before the change takes place.

By accepting the service provided by Jo Christal Akademie (Pty) Ltd, the Client takes note of the following information, conditions and terms:

 

Disclaimer:

·       Jo Christal Akademie (Pty) Ltd cannot be held responsible or liable for any injuries sustained by the learners, which are not caused or a direct result of the staff member’s negligence. (Convincing evidence needed.)

·       Jo Christal Akademie (Pty) Ltd will also not be held liable for any damage caused to premises, buildings or the property of any school where classes are offered, by the learner. The parent or guardian of the learner will, after a written notification, be held responsible for repairing the damage, with the submission of sufficient proof of the damage.

·       Jo Christal Akademie (Pty) Ltd undertakes to do everything in their power to create, at all times, a safe space for the delivery of the services.

·       Jo Christal Akademie (Pty) Ltd undertakes to keep learners, at all times, under competent and sufficient supervision during delivery service.

·       Jo Christal Akademie (Pty) Ltd will not be held liable for picking up learners before or after class or the safety and supervision of learners before or after class.

 

Finance and Service Delivery:

·        The Client undertakes to pay the tuition fees as set out for 2026 before the 7th of each month, over 11 Installments.

·       Requests for any other payment arrangements must be sent via email to jochristaldrama@gmail.com and is subject to approval.

·       The Client undertakes to pay the one-off registration fee of R200 per learner together with the first installment.

·       The Client takes note of any additional costs for the year such as e.g. the production fee of R400 per year per learner.

·       The Client notes that classes will not be offered on scheduled school holidays and public holidays, as set out by the government and department of education

·       The Client notes that the class fee consists of an annual amount which is divided into 11 installments. Therefore, no discount or reduction of the installments or class fee will be applicable due to vacations, holidays, pre-arranged postponement of classes or absences of learners.

·       The Client also takes note of the correct bank account and reference to be used with EFT payments, as well as the process for cash payments.

·       The Client notes that statements are sent via e-mail to the e-mail address provided on the registration form. Any change of information must be sent in writing via email.

·       The Client also accepts that ALL communications via the Drama School’s official WhatsApp, E-mail as well as the staff’s personal WhatsApp’s count as legal communications and notifications.

 

Cancellation of Service Delivery:

·       If any party (Jo Christal Akademie (Pty) Ltd or the Client) wishes to discontinue the service, the following process must be followed.

·       One month’s notice of the strike must be sent in writing, via email, to jochristaldrama@gmail.com.

·       If notice is given, the current AND consecutive month’s class fee/installment will be due.

·       The registration fee is payable once a year and is not payable again if the service is resumed in the same year. No new contract needs to be concluded if the service is resumed in the same year after cancellation.

 

Miscellaneous:

·       The Client undertakes to make a copy of this contract for their records, before it is sent to Jo Christal Akademie (Pty) Ltd.

·       The Client takes note of all relevant dates for the year which are available on www.jochristalakademieendramaskool.co.za and in letters throughout the year.